Wat ons bied

Ons besef dat alle kinders graag na skool wil huis toe gaan, maar nie almal die vooreg daarvan het nie. Daarom probeer ons altyd ‘n liefdevolle, gemoedelike atmosfeer by ons naskool skep.

Ons Laerskool Horison leerders word by die Laerskool gehaal en deur ons personeel heen en weer na ekstra aktiwiteite geneem. 

Maaltye

Hulle ontvang ‘n gekookte bord kos vir middagete. Ons spyskaart is twee weekliks en sluit genoeg groente in sodat ons ouers nie bekommerd hoef te wees indien hulle kinders nie in die aand wil eet nie. Hulle kry ook ‘n versnappering om 15:00.

Huiswerk

Huiswerk word onder waaksame oë gedoen en ons onderwysers maak seker dat hulle nie net agter ‘n tafel sit nie, maar BY die kinders is wanneer die werk gedoen word. Ons het ‘n juffrou vir die Junior leerders, ‘n juffrou vir die Senior leerders en ‘n Engelse juffrou wat met die Engelse huiswerk help.  Ons het ook twee juffrouens wat toesig hou terwyl die maats graad vir graad hulle huiswerk doen.

Vakansieprogram

Vakansie tye volg ons ‘n prettige vakansieprogram en is ons ook vir ons naskool leerders oop.

WhatsApp ons
Hoe kan ons help?